
=====================================================================
Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaansdag treffer by Vista

    Corlietha Swart berig van die 'uiters geslaagde' Afrikaansdag wat onder haar leiding deur die departement Afrikaans op die Bloemfontein 
kampus van die Vista Universiteit aangebied is.

Vista se Afrikaansdag: Van die pryswenners was Tshibi Joseph Bothloko (links) en mej. Lindiwe Sizane (tweede van regs). By hulle is mej. 
Corlietha Swart en mnr. Gino Alberts.

DIE tema wat die VIP-lokaal op die kampus stampvol met belangstellendes gepak het, was "Afrikaanse stories en liedjies". Trouens, die 
belangstelling het wyer as die departement Afrikaans se grense uitgekring.

'n Honneursstudent in Afrikaans, mnr. Gino Alberts, het in sy hoedanigheid as prediker die verrigtinge in Afrikaans geopen met gebed. Daar 
was ook spontane reaksie van die studente, wat die gehoor met selfgeskrewe Afrikaanse gedigte en liedjies verras het. 
Aanmoedigingsertifikate en -boekpryse vir kreatiewe skryfwerk is toegeken aan die kreatiefste paragrawe en opstelle uit die drie jaargroepe 
onderskeidelik. Sertifikate is toegeken aan mnr. Tshibi Joseph Bothloko (AFR 100), me. Lindiwe Sizane (AFR 200) en mev. Motlalepule Sannah 
Molehe (AFR 300).

Afrikaansdag is geborg deur die Stigting vir Afrikaans, Van Schaik Boekwinkel: Brandwagsentrum en Sasco.

Ek het 'n sangbundel saamgestel uit tradisionele FAK liedere, kontemporre musiek van kunstenaars soos Koos du Plessis en Laurika Rauch, en 
'n afdeling gewyde musiek in Afrikaans. Gewapen met 'n klawerbord en 'n hand vol multikulturele stories het ek die aand tegemoetgegaan en 
... wat 'n verrassing!

In al my jare as begeleier en orrelis het ek by min geleenthede mense so pragtig en spontaan in Afrikaans hoor sing. Daar was 'n 
oorweldigende belangstelling by veral onderwysers in moontlike begeleidingskassette vir Afrikaanse musiek. 'n Student uit 'n ander 
departement se kommentaar was dat hy nie geweet het dat "Afrikaans so lekker sing" nie en dat ek die komende jaar na hom moet uitkyk in die 
AFR 100-klas.

Aangesien die departement Afrikaans by Vista Universiteit meestal uit tweede-, derde en selfs vierdetaalsprekers van Afrikaans saamgestel 
is, bestaan daar 'n behoefte by studente om 'n ietsie meer as slegs boekekennis oor die Afrikaanse taal- en letterkunde te wete te kom. Ek 
het besluit op 'n multikulturele basis vir die storieprogram, waar tradisionele Sotho-, Xhosa-, Tswana- en Zoeloestories in Afrikaans 
vertaal is om 'n tipies Suid-Afrikaanse verwysingsraamwerk te verseker. Eg Afrikaanse stories van skrywers soos Jan Spies en Pieter W. 
Grobbelaar het die Afrikaanse storieskat verteenwoordig. Met die voorlesing van die stories kon 'n mens 'n speld hoor val. Daar was heelwat 
navrae van onderwysers om die multikulturele stories te bekom vir gebruik in hul skoolklasse.

Die idee van 'n storie- en liedjiedag het by my posgevat toe ek begin agterkom het hoeveel nie-moedertaal Afrikaansstudente na die gewilde 
TV-program Maak 'n Las van Ollie Viljoen, Tolla van der Merwe en Nico Nel kyk. Na al die jare is die legendariese Spies en Plessis ook 
steeds nie vergete nie. Die Afrikaansdag dien as 'n basis vir 'n multikulturele storieprojek waaraan ek tans werk.

Dis 'n absolute voorreg om as dosent voor die voor- en nagraadse klasse in Afrikaans te staan en te weet hier ploeg ek in vrugbare en 
ontvanklike grond.

Afrikaansdag op ons kampus het uitstekend daarin geslaag om anderstaliges bewus te maak van die sprankel en lewe in Afrikaanse lirieke en 
stories. Vista Universiteit s: "Viva Afrikaans!"

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av637.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

